Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Psalm 103:2
Ek wil dink aan die dade van die Here, ja, ek wil dink aan u wonderdade van vroeër. Psalm 77:12
Hoe mooi is dit om te onthou wat die Here vir ons gedoen het, en hoe belangrik in ons geloofslewe. Om altare in ons geheue te bou oor dinge waardeur die Here ons al gedra het, help ons om die volgende storm met meer vrede aan te pak in die wete dat Hy sal sorg. As ons dink aan die rede wat Dawid gegee het in 1 Sam 17 oor hoekom hy bereid was om te baklei teen Goliat, was dit omdat die Here hom al gered het uit die mag van 'n beer en 'n leeu en hy was versekerd dat die Here dit weer kan doen teen die Filistyn. Om te onthou gee ons moed, dit stig ons geloof. Dit is soos knope in 'n tou wat ons help om verder te klim - en daarom het ons hierdie pragtige oorbelle en ringetjie gekry om ons te herinner aan al die weldade van die Here. Dit is soos 'n knopie wat ons dra om te onthou.
Oorbelle is van Sterling Silver en +- 0,8cm groot
top of page

R120,00Price
bottom of page