In hierdie boek behandel ons die algemene verklarings van geloof en wat dit vir ons beteken asook vir ons as ‘n gesin. Die idee van hierdie boek is om op ‘n eenvoudige manier tyd as ‘n gesin te spandeer, te gesels oor wat ons glo en te groei in ons geloof en eenheid as ‘n gesin.
Gesinne is so ‘n belangrike eenheid. Dit is die plek waar God ons eerste sit om geskaaf te word om meer soos Jesus te lyk. God gee vir ons die mense in ons gesin sodat ons kan leer om lief te hê te midde van ons verskille en sodat ons kan groei. Soos die Bybel in Spreuke 27:17 sê: “Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar”. Ons is bedoel om bietjie vas te sit en te stry en dinge uit te praat in ons gesinne sodat ons kan leer om meer soos Jesus te wees en dat ons geslyp kan word om meer soos Hy te lyk. Ons moet net leer om te gesels en oop kommunikasiekanale met mekaar te hou, en dit is hier waar ons hoop dat soos wat julle die 20 sessies aanpak, julle saam as gesin kan gesels en lag en ook saam sal groei. Daar is ‘n aanhaling wat sê: “Gesinne is soos die takke van bome, almal groei in verskillende rigtings, maar die wortels bly dieselfde.” Mag hierdie boek julle as ‘n gesin help om diep wortels te vestig, sodat soos wat almal in verskillende rigtings gaan, julle altyd gewortel sal wees in die vaste fondasie wat gelê word deur hierdie tye wat julle saam in God se Woord spandeer.
top of page
R210,00 Regular Price
R189,00Sale Price
bottom of page